top of page
Therapy

Wie Is Ons?

Ons is mense wat lief is vir die Here en graag wil hê dat ander ons passie moet deel.

Wat wil hê dat elkeen die Here vir hom of haar self moet ontdek deur die Woord van God.

Kobus het ‘n graad in Bediening as ook in Teologie en Berading.

Miggie is Kobus se helper en regterhand om seker te maak alle admin val in plek.   

Kobus en Miggie Kok.png
Sky

Wat Ons Glo

Ons glo dat die Woord van God Gees geinspireerd is en bo alle twyfel waar is.         

Ons glo in die drie-eenheid van God - God die Vader, Seun en Heilige Gees.  

Ons Visie

Deur die Bybelstudie hoop ons dat elkeen hom/haar  in Christus sal vind en voluit te leef, in en deur Hom.         

Ons hoop om ‘n maandelikse bybelstudie gidse bekend te stel.  Een vir elke maand van die jaar.  

Ons gaan ses dagstukkies bespreek per week waarin ons vra dat:
        

* Jul ook jul eie gedeeltes gaan soek in die Bybel en dit neerskryf.  So kry vir jou ‘n lekker griffel boek, indien moontlik.    

*  Gesels met die Here oor die gedeelte wat ons behandel, en bid daagliks sodat Heilige Gees inspraak kan lewer.          

bottom of page